Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sangskouspel by Strauss-saal

Sangskouspel by Strauss-saal
 
2010-12-15


DIE Hugenote Singers bied op Vrydag en Saterdag om 19:00 ’n sangskouspel aan in die Strauss-saal in Klein Drakensteinweg, Paarl.

James Bhemgee, wenner van die TV-skouspel SA’s Got Talent, gaan die eerste keer in die Paarl optree nadat hy dié gesogte titel verower het.

Crystal Roberts van 7de Laan is ook een van die gaskunstenaars. Sy word onthou as die meisie van Errol, Janine, en kom vertoon haar sangvernuf. Sy is ook een van die seremoniemeesters.

Die band, Highly Contagious, sal die mense met lekker musiek vermaak, terwyl Hein Poole die aankondigings en voordrag doen in ’n vertoning getitel Meer as Woorde. Janine Jacobs en Keenin von Williegh van Hugenote Singers gaan ook hulle sangtalent vertoon.

Die verrassing is ’n 15-jarige meisie van Meiring Primêr in Riebeek-Kasteel wat vir die eerste keer saam met ’n live band gaan optree voor ’n gehoor van dié aard.

Die Vrydagaand is die eregas Clint Brink, Paarliet wat die rol van Tino vertolk in die TV-reeks Scandal.

Die Saterdag sal Theodore (wat die rol van Xander in 7de Laan vertolk), sy verskyning maak. Foto’s (R8) kan saam met hulle geneem word.

’n DVD van die skouspel sal verkoop word.

Kaartjies is R60 (R45 vir kinders onder 16 asook vir pensionarisse en kinders onder 6 is gratis).

Bespreek vroegtydig by 072-184-1115.

Vervoer kan ook gereël word.

Bewaar jou kaartjie, want drie gelukkige mense staan die kans om lekker pryse te wen. Kaartjies kan ook by die deur gekoop word.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za