ALLE vleis in winkels kan vleis wees wat weer verpak is en ’n nuwe vervaldatum opgesit is. Die grootste vleisfoefie is die sogenaamde “Free Range Chickens”. Huisvroue dwarsoor die land word deur hierdie terme bedrieg.
Vroeër jare het dit 98 dae geneem voordat ’n braaikuiken slaggereed was, en nou spog die produsente met ’n lewensduur van net 33 dae (danksy groeihormone en stimulante) in die voer.
Een produsent spog daarmee dat haar kuikens eers op ses weke geslag word.
Sy sorg dat daar ’n paar openinge in die hokke is waar die hoenders nou kamtig kan uitloop - nou word dit verkoop as “free range” hoenders en die huisvroue koop net te lekker.
’n Hoender hou glad nie van hoë temperature of reën op hul vere nie en sal op koel dae in elk geval nie na buite gaan nie, want die kos en water is mos binne.
So, gedurende Mei, Junie en Augustus sal die hoenders heeldag rondom die kosbakke saamdrom.
Slegs ’n paar van hulle sal op koel dae so ’n paar treë na buite gee. Die digtheid bly steeds 15 braaikuikens per vierkante meter . Die ligte brand steeds snags in die hokke om hulle aktief te hou.
Deur hulle effens groter te laat word as die gewone supermarkhoendertjie, dink die huisvroue dis egte plaashoenders wat ure onder die akkerbome geskrop het!
Anoniem