Sportdagboek
2011-01-13
STOEI * Wil jy graag beter rugby speel, of jou prestasie in ander sportsoorte baie verbeter? Sluit aan by die stoeiklub van die Paarl en verbeter jou nek- en skouerspiere, ratsheid en spoed, balans en plofkrag, fiksheid en uithouvermoë. Die Paarl Stoeiklub se oefeninge vir 2011 begin weer op Donderdag 20 Januarie. Oefeninge is elke Dinsdag en Donderdag in die Paarl Ontspanningsklubsaal in Du Toitstraat vanaf 18:00 tot 19:30. Skakel Johan Jordaan by 072-385-6510 vir meer inligting. ) KRIEKET * Paarl-Oos se eerste krieketspan speel Saterdag in hul eerste 20/20 Jive Boland klubkompetisie-wedstryd teen Wellington /CPUT op die New Orleans-veld. Die wedstryd begin om 10:00. Paarl-Oos II speel Sondag in ’n 40-boulbeurte wedstryd teen Wellington/CPUT II en die derdes speel Sondag in ’n liga-wedstryd teen Brackenfell. ) RUGBY * Windmeul United Rugbyklub se oefeninge is Dinsdae en Donderdae om 19:00 by die Windmeul Primêre Skool. Skakel Jannie Williams by 083-627-9576 vir meer inligting. * Lower Paarl (Blues) Rugbyklub se oefeninge begin op 18 Januarie om 18:00 by die New Orleans-velde. Vir navrae, skakel met Adam Petersen by 071-957-1223. * Wellington CPUT Rugbyklub begin amptelik oefen op Maandag 17 Januarie. Oefeninge is voorlopig op Maandae, Dinsdae en Donderdae van 19:00 tot 20:00. Vir enige navrae, kontak hoofafrigter Oloff Bergh by 084-620-3981 of Johan Kotze by 084-776-8938. * Paarl Rangers verlang die dienste van twee afrigters (2de en 3de) span asook ’n spanbestuurder vir elk van die drie senior spanne. Belangstellendes kan hul name en kontak- besonderhede sms na 083-286-7761 of e-pos na paarlrangers@gmail.com. * Violets RFC se voorseisoense oefeninge het alreeds op Maandag 10 Januarie begin. Alle spelers en belangstellendes kan gerus om 18:00 aanmeld by Paulus Joubert Sekondêr. Die afrigter het ook ’n versoek gerig dat veral die senior spelers die oefeninge moet bywoon. Die klub oefen van Maandag tot Donderdag. Vir navrae, kontak vir Ashley Raubenheimer by 079-767-6046. ) VEERPYLTJIES * Die Drakenstein Darts Association (DDA) se eerste beplanningsvergadering vind op 17 Januarie (Maandag) om 20:00 by die Ambagsvallei-sportsentrum (Groendakkies) plaas. Huidige klubs moet die vergadering bywoon en nuwe klubs en lede is welkom. Skakel vir Mervin (082-315-5206) of Maxie (073-886-0583) vir meer besonderhede. * Op 19 Januarie (Woensdag) vind die eerste veerpyltjiekompetisie (Drakenstein Darts Association) by die Ambagsvallei-sportsentrum plaas. Registrasie is om 20:00 en die kompetisie begin om 20:30. Mervin by 082-315-5206 kan meer inligting gee. ) SOKKER * Doolhof Warriors United bied op 16 Januarie (Sondag) om 14:00 sy algemene jaarvergadering aan by die Doolhof Estate. Vir meer besonderhede, skakel Damon Jagman by 073-852-3646 of Kalla Nyl by 072-627-3266. Dié klub speel ook Saterdag (15 Januarie) in ’n toernooi in die Agter-Paarl. Hulle vertrek om 11:00.
More
News
|