Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Baie sesse by toernooi verwag

Baie sesse by toernooi verwag
 
2011-01-13


OP 29 Januarie bied Wellington/CPUT-krieketklub sy 24ste geborgde ses-aan-’n-kant kriekettoernnooi by die Pen Basson-veld in Wellington aan.

Dit word allerweë beskou as die grootste ses-aan-’n-kant kriekettoernooi wat in die Wes-Kaap aanbied word.

Op die dag gaan 16 spanne dit uitspook en daar word verwag dat ondersteuners genoeg aksie gaan sien. Toeskouers kan groot sesse en stylvolle viere verwag.

Die eerste wedstryde begin om 08:30 en die plaat- en finaal wedstryde begin vanaf 16:00. Vir die spanne wat presteer, is daar ook groot pryse om te wen.

Deur die dag is worsbroodjies, pasteie, toebroodjies, pannekoeke, koeldranke en vele meer beskikbaar. Vir die kinders is daar ook springkastele.

Vir enige navrae kontak Marius Groenewald by 082-976-1379 of 021-872-7062.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za