Tweede wedren vir 2011 lok baie ryers
2011-01-13
MEER as ’n 1000 fietsryers gaan op 23 Januarie aan die Boland Drukpers fietswedrenne op die R45 buite die Paarl deelneem. Dit is ook die tweede liga fietswedren (Pro Classic) in die Wes-Kaap vir 2011 waar ryers sake gaan uitspook in ’n 100km wedren. Die begin- en eindpunt is by Kronenburg (R45) in Paarl-Noord. Ryers kan inskryf vir die 100km, 84km of die 16km roete. Alle deelnemers sal medaljes ontvang en die organiseerders meen dat dit ’n ideale oefengeleentheid is vir die Argus-wedren wat in Maart in Kaapstad aangebied word. Selfs gestremde atlete gaan met handfietse deelneem. Die eerste deelnemers spring om 06:30 weg. Gelukkige trekkings en stalletjies maak deel uit van die dag se verrigtinge en rig navrae aan Rian Geldenhuys by 082-771-3994.
More
News
|