Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarliet bobaas in Boxing Day 25-Myl

Paarliet bobaas in Boxing Day 25-Myl
 
2011-01-13


PAARLKLUB-FIETSRYER, Réniell Matthysen (Intellibus), het in die baie bekende Paarl Boxing Day 25 Myl-wedren die pyp gerook en spog nou met die Minnaar-trofee. Hy is ook in Oktober verlede jaar aangewys as die Beste Elite Fietsryer tydens die SA Kampioenskappe wat in Bellville aangebied is.

Die Paarl Boxing Day byeenkoms is op 27 Desember vir die 113de jaar sedert 1897 aangebied op die Faurestraat-stadion deur die Paarl Amateur Fietsryklub.

Toeskouers was weer eens, soos elke jaar, getrakteer met fietsry van hoogstaande gehalte en met die 25 Myl- wedren as die hoogtepunt van die dag en met die verdedigende kampioen van 2010, James Perry (EMG) ook in die bondel, was daar groot afwagting oor watter invloed dit op plaaslike ryers se kanse op ’n moontlike oorwinning mag hê.

In dié glorieryke en uitmergelende 25 Myl-wedren, waaraan net 45 ryers mag deelneem, het die ryers vir baie opwinding gesorg deurdat dit in ’n naelrit van 20 ryers geëindig het.

Theuns van der Bank (CTM) en Avery Arendse (EMG) het telkemale probeer om die ander ryers aan die slaap te vang met wegbreekpogings. Arendse se pogings was deurentyd onsuksesvol deurdat sy eie spanmaat, Perry, enige geringe gaping toegejaag het.

Dit was duidelik dat Perry sy sege van 2009 wou herhaal deurdat hy heeltyd die pas vooraan die bondel aangegee het.

Hy was duidelik ’n gemerkte man deurdat elke beweging van hom deur Edwards soos ’n valk dopgehou is.

Toe die klok die laaste ronde aandui, was Perry aan die voorpunt gevolg deur Edward (House of Paints), Evan Carsten (Intellibus), Matthysen asook Avery Arendse (EMG), Rynard Butler (EMG) en James Louter (MTN). By die 250m merk het Rynard Butler met ‘n wegbreek-poging na die wenstreep begin.

Edwards het hom gevolg met Carstens kort op sy hakke. Matthysen het op 200m met sy naelrit-eindpoging vanuit die 4de posisie begin en met brute krag en vaart verby Carstens, Edwards en Butler gejaag om sodoende die eerste Paarlklub ryer te word, wat die Minnaar-trofee omhoog te kan hou sedert 1994 toe Robbie Dale geseëvier het.

James Louter was in die tweede posisie gevolg deur Butler, Brandon Christiaans en Calvin Beneke. Die eerste groep se wentyd was 57:16,4.

Die huidige rekord van 54:19 staan steeds agter die naam van Gary Beneke wat die Paarl-baan aan die brand gery het. Theuns van der Bank is as die aggressiefste jaer aangewys.

Die Ope 1 Myl uitnodiging-wedren is gewen deur Jean Smith (WE) met die 2009 kampioen James Louter (MTN) en Matthysen onderskeidelik 2de en 3de. Smith het ook in die 400m Ope-wedren koning gekraai met Jeanne Nell (Intellibus) en Wayne Botha (CWC) kort op sy hakke.

Die professionele jaer, Dean Edwards, het die louere ingepalm in die Ope 10km Punte-wedren sowel as die Uitval-wedren.

In die junior-afdeling het Hannes Basson (Intellibus) die 5km- en Bradwin Daniëls (Spartans) die 800m wedrenne gewen.

In die veterane-afdeling het Owen Lloyd (Intellibus) met sy aanvallende taktiek en uithouvermoë oorheers deur die 800m, 1500m sowel as 5km Puntewedren in te palm.

In die dames-afdeling het Maroesjka Matthee (Intellibus) die eerste plekke verower in die 800m, 1 500m en 5km Puntewedrenne.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za