’n GROOT voorreg val Wellington te beurt deur die besoek van ’n vooraanstaande orrelis van Amerika.
Die 23-jarige orrelis, Garrett F Martin, is ’n bekende in Amerikaanse orrelkringe. Hy het ook al opgetree in Brazilië, Thailand, Mexico, Engeland, Duitsland en Oostenryk.
Hy is ook die orrelis van die baie bekende Coral Ridge Presbyterian Church, of beter bekend as die “Chrystal Cathedral” in Florida.
Hy tree op 27 Januarie op in die NGK Wellington-Noord om 19:00 (toegang is R40 by die deur).
Vir navrae, kontak Johann Enslin by 074-359-8069 of jsemusic@voda mail.co.za.