Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wees versigtig vir bedelaars, waarsku polisie

Wees versigtig vir bedelaars, waarsku polisie
 
2011-01-13


DIE Paarl polisie waarsku graag die publiek teen bedelaars wat aan hul deure klop.

Volgens Kapt Louise du Plessis is daar onlangs verskeie klagtes van die publiek ontvang dat hulle beroof is nadat hulle ’n bedelaar gehelp het wat aangeklop het vir geld, kos of water.

Du Plessis het gesê dat die publiek bedelaars eerder na die Heilsleër in Nuwestraat moet verwys.

Indien enige verdagtes in buurte ronddwaal, kan die publiek ook hul sektorvoertuie skakel:

* Sektor 1: Die Paarl middedorp (tussen Mark- en Dorpstraat tot by die Bergrivier) 082-379-4735.

* Sektor 2: Die gebied suid van Auretstraat en Markstraat tot by die Bergrivier insluitend De Zoete Inval, 082-443-5647.

* Sektor 3: Die gebied noord van Auretstraat en Markstraat (wes van die Bergrivier) tot Noorder-Paarl (middedorp uitgesluit) 082-444-3194.

* Sektor 4: Die gebied oos van die Bergrivier insluitend Denneburg, Klein Parys en Dal Josafat, 082-444-3060.

* Sektor 5: Die landelike plaasgebiede tussen Dutoitskloof en Wemmershoek, 082-411-2985.

* Sektor 6: Die landelike gebied vanaf Noorder-Paarl, reg om die Paarlberg tot by die N1 naby Klapmuts, 082-379-4742.

* The police have warned members of the public to beware after residents were robbed by people knocking on doors begging for food, water or money.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za