Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot soektog ná selfmoordbrief

Groot soektog ná selfmoordbrief
 
2011-01-13

Lise Beyers

DIE lyk van ’n man is Maandag in Bainskloof gevind, ná ’n urelange soektog deur sowat 50 reddingswerkers.

’n Jong vrou van Pelikaanstraat, Weltevrede, het Sondagaand haar pa, Andries Beukes (50), as vermis aangegee by die Wellington polisiestasie, nadat sy op ’n skok-brief van hom afgekom het.

Beukes het op 2 Januarie besoek afgelê by haar huis, maar sy was nie tuis nie. Hy het die briefie in haar Engelse Bybel gelos, maar sy het dit eers Sondag ontdek.

Hierin het Beukes geskryf dat hy gaan selfmoord pleeg en dat hulle sy liggaam in ’n dennebos naby Antoniesvlei sal vind.

Hy het bygevoeg dat sy as gestrooi moet word by Gawie se Water, ook in Bainskloof.

Beukes is te voet daar weg en is nooit weer gesien nie.

Nadat hy as vermis aangegee is, saam met die kommerwekkende brief, het talle polisiebeamptes, lede van die honde-eenheid en hul honde, asook lede van Wildernis Search and Rescue, die omgewing van Antoniesvlei begin deursoek.

Teen sononder was daar steeds geen teken van hom nie.

Maandagoggend is die soektog voortgesit, en dié keer is die hulp van Cape Nature ingeroep, wat ’n span van Working on Fire (WoF) na die toneel geroep het.

Die gebied is al verder van Antoniesvlei gefynkam en die lede van WoF het omstreeks 13:00 op Beukes se erg ontbinde liggaam afgekom waar dit aan ’n boom in ’n denneplantasie hoog teen die berg in Bainskloof gehang het.

Beukes se dogter, wat nie haar naam bekend wou maak nie, was te getraumatiseer om oor die voorval te praat.

Die oorledene was woonagtig op Riebeek-Wes waar hy sekuriteitswerk gedoen het. Hy was ’n kranige drawwer en het Bainskloof goed geken.

* The forest in Bain’s Kloof was searched after a man left a suicide note at the home of his daughter in Wellington. His body was found hanging from a tree.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za