Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skole spog met prestasies

Skole spog met prestasies
 
2011-01-13


MATRIEKS van die Paarl-streek het weer opslae gemaak met hul goeie punte tydens die Senior Sertifikaat-eksamen. Twee plaaslike presteerders is onder die top 20 matrikulante in die Wes-Kaap - hulle is Tian Roelofse van Boland Landbouskool (2de met 95,5%) en Annemie Jacobs (gesamentlik 12de met 93,3%) van La Rochelle.

Hoėr Jongenskool het eervolle vermelding gekry vir verbeterde prestasie en is eerste op die ranglys van beste skole volgens slaagsyfer (99,47%) en universiteitstoelating (91%) asook vir verbeterde Wiskundeprestasie.

Plaaslike skole wat 100% slaagsyfers het, is Hoėrskool La Rochelle, Hoėr Landbouskool, Hoėr Meisieskool Paarl, Laborie, Hoėrskool Franschhoek, Gimnasium Hoėrskool, Privaatskool Tersia Theron en Hugenote Hoėrskool.

La Rochelle het drie leerders wat 90% of meer behaal het en altesame 17 A-kandidate. Landbouskool het 4 A-kandidate onder die 61 matrieks. HMS het 13 A-kandidate en die topleerder is Pia Lourens met 91,3%. Gim het 31 A-kandidate onder hul 228 matrieks en Pierre-Jacques Human is die topstudent (91,43% met 100% vir Wiskunde). Hugenote het 7 A-kandidate en hul topstudent is Landolf Theron (91,1%). HJS het 27 A-kandidate met Jandré Marais bo met 91%. Rian Blignaut van Laborie spog ook met ’n A-gemiddeld (81,3%).

New Orleans Sekondźr, met een A-gemidele, beklee die sewende posisie op die lys van skole wat presteer het oor die afgelope drie jaar binne hul sosiale konteks (75,2% slaagsyfer). Die skool ontvang prysgeld van R20 000. Hul topstudent, Thia October, het ’n A-gemiddeld.

Die slaagsyfer van ander plaaslike hoėrskole is Wellington Hoėrskool 80,8% (verbetering op 55,6% verlede jaar), Paulus Joubert 79,8% (verbetering op 56,5% verlede jaar), Klein Nederburg 79,6% (twee A-gemiddeldes), Kylemore 70,5%, Noorder-Paarl 65,3 (verbetering op 49,5% verlede jaar), Bergrivier ook 65,3%, Groendal 63%, Charleston Hill 59,2% (verbetering op 41,6% verlede jaar, Desmond Tutu 56,6% (verbetering op 34,6% verlede jaar) en Weltevrede 56%.

Twee leerders van Klein Nederburg is eervol vermeld vir hul prestasies en ontvang prysgeld van R3000 elk. Hulle is Jo-Anne Jones (sewe onderskeidings) en Raven Kenned (agt onderskeidings).

Die hoof van Wellington Hoėrskool, Harvey Cupido, is verheug oor sy tweede matriekklas se slaagsyfer van 80,8%: “Die toewyding van ouers en opvoeders, asook Obos se bydrae was geweldige ondersteuning,”

) Bridge House spog met ’n 100% slaagsyfer in die Onafhanklike Eksamineringsraad (OER) se matriekeksamens. Suzanne Pretorius het onderskeidings in al nege haar vakke. Sy het 100% vir Wiskunde en 90% vir vyf vakke. Carlo Vanzaghi behaal agt onderskedings met 98% vir Wiskunde. Hulle gaan albei vanjaar medies studeer aan US. Dié twee slimkoppe is onder die top elf OER studente in die Wes-Kaap.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za