Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sonbrand is nie gesond nie

Sonbrand is nie gesond nie
 
2011-01-13


DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) moedig alle Suid-Afrikaners aan om hierdie vakansie verantwoordelik op te tree en sonskade te vermy wanneer hulle tyd in die son en buitelug spandeer.

“Velkanker kan voorkom word – maak seker dat jy en jou geliefdes die heel jaar veilig bly, maar veral in die somer wanneer die son se strale op hulle gevaarlikste is,” sê Sue Janse van Rensburg, Hoof Uitvoerende Beampte van KANSA.

“Kinders en jongmense moet veral spesiale sorg tref – twee keer se erge sonbrand voor die ouderdom van 18 jaar kan jou risiko vir velkanker later in jou lewe drasties verhoog.”

Velkanker is die mees algemene kanker in Suid-Afrika met ongeveer 20 000 nuwe gevalle en 700 sterftes wat jaarliks aangemeld word.

KANSA speel ’n belangrike ‘waghondrol’ en moedig die publiek aan om ingeligte keuses te maak wanneer hulle sonroom en beskermende klere kies.

Vir meer inligting, skakel vir Barbara Williams, Gesondheidsprogram Koördineerder, Boland, per epos by bwilliams@cansa.org.za of skakel die Kansa-kantoor by 021-873-6358.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za