Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Uitbreidings by Paarl MediClinic

Uitbreidings by Paarl MediClinic
 
2011-01-20


n BOUPROJEK, waartydens die Paarl MediClinic aansienlik uitgebrei gaan word, het so pas afgeskop.

Dit sal die hospitaal in staat stel om veral meer teatergevalle te hanteer, aangesien daar ’n groeiende vraag na hierdie diens is.

Tydens die projek word ’n vyfde teater en ’n nuwe endoskopie-suite bygevoeg. Ruimte word geskep vir ses bykomende beddens in die algemene verpleegeenhede en vier in die kritiekesorg-eenheid.

Interne bouwerk in die hospitaal begin op 7 Maart en die bouprojek sal teen 27 Mei vanjaar afgehandel wees.

Die hospitaal is daartoe verbind om te verseker dat die vereiste kliniese en higiëniese standaarde tydens die bouproses gehandhaaf word.

Daar sal sover moontlik gepoog word om enige ongerief vir pasiënte en besoekers te beperk, maar geduld tydens die bouproses word vriendelik versoek.

Aangesien parkering (hoofsaaklik dié van personeel) tydelik in gedrang sal kom, is toestemming verkry dat die oop perseel regoor die hospitaal in Berlynstraat gebruik kan word.

Die publiek kan ook hier parkeer indien hulle nie parkering op die hospitaalterrein kry nie.

Vir meer inligting, kontak die kliëntediensbestuurder, Jacorie Visagie, by 021-807-8000.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za