Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Suur gesigte by dié winkel

Suur gesigte by dié winkel
 
2011-01-20


Wat het van mense se professionele optredes geword? Ek was die aand van 5 Januarie omstreeks 20:00 by Foodzone, beter bekend as 7 days Family Superette, om inkopies te doen.

Daar was op daardie stadium redelik kliënte by die betaalpunte. Een van die toesighouers aan diens, ’n man van in sy 40’s, het aan die jong man waar ek gewag het om te betaal, met ’n bars stem beveel: “André, gee tog net die vrou se f***** R10 sodat sy kan ophou aangaan oor die d******* R10.”

Ek neem aan dit was geld wat haar toegekom het, aangesien die man die geld uit sy kasregister gehaal het. Indien dit wel die geval was, was sy mos geregtig daarop – al was dit ook net 50c. Ek kon agterkom die vrou – nie meer so jonk nie – was in trane.

Sonder menseverhoudings be­teken die bekers en trofeë, wat dié winkel gedurende November 2010 ontvang het, eintlik niks

Wil maar net weet

Die eienaar van Foodzone, Braam Nortier, reageer: Baie dankie vir u terugvoering. Ons vra om verskoning vir hierdie voorval en het dit reeds intern hanteer. Ons sal bly wees as kliënte enige klagtes aan ons kan rig by epos 7days@lantic.net. Ons kan dan ons dienslewering verbeter.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za