Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waarheen met vuil erf?

Waarheen met vuil erf?
 
2011-01-20


Die afgelope 23 jaar wat ek in Dwarsstraat, Noorder-Paarl, woon, is die oop erf (erf 282) langs my ’n probleem.

Die erf behoort aan ’n staatsdepartement (Departement Behuising), wat nog nooit die moeite gedoen het om die erf skoon te maak nie.

Die bome en onkruid staan hemelhoog en huisloses gebruik dit as ’n toilet.

Elke jaar bel ek die munisipaliteit en vra wanneer gaan hulle die erf skoonmaak. Dan kom hulle ná verskeie maande met ’n “weedeater” en probeer so ’n bietjie orde skep, glo omdat hulle eers die staatsdepartement moet kennis gee om self te kom skoonmaak en daarna stuur hulle ’n rekening uit. Ek wonder of dit ooit betaal word.

Sommige jare word die erf glad nie skoongemaak nie. Slange en rotte gedy in dié omgewing.

Ek wil graag weet hoekom die Munisipaliteit nie eenvoudig net jaarliks voor die somer inkom en die leë erwe ordentlik skoonmaak nie. Hoekom moet dit altyd sloer en ’n oorlas veroorsaak

Mimie du Plessis

Die munisipale woordvoerder, May Carolissen, reageer: Eienaars van oorgroeide private en staatserwe is verantwoordelik om hul erwe self skoon te hou.

Indien die eienaar nie die erf skoonmaak nie, stel die munisipaliteit ’n kontrakteur aan om die erf skoon te maak. Die proses neem ongeveer 2-3 maande.

Die betrokke staatserf is alreeds gedurende Oktober geïnspekteer en die betrokke staatsdepartement versoek om die erf skoon te maak.

Aangesien die erf steeds nie skoongemaak is nie, sal ’n kontrakteur nou aangestel word om die werk te verrig.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za