Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seringbome se afkap 'n populistiese besluit?

Seringbome se afkap 'n populistiese besluit?
 
2011-01-20


DIE afkap van die seringbome in Vrykyk het heelwat kritiek ontlok na onlangse persberigte. Ek het die polemiek met belangstelling gevolg.

My afleiding was dat die stadsvaders ’n populistiese besluit geneem het ten koste van die bome se bestaansreg. Bome kan nie bloot eenvoudig omdat dit uitheems is en vermoedelik allergieë veroorsaak, afgemaak word nie.

Ek beskou hul besluit nie as ’n oningeligte een nie gegewe die feit dat ’n verslag met aanbevelings wat die afmaak van die bome ontmoedig het, deur die betrokke Departement voor die raadslede gedien het.

Dit blyk dan ook dat latere kundige insette, soos deur prof Bredenkamp van US ongelukkig te laat was om die bome te red.

In dié verband wil ek hom ondersteun in sy verklaring waar hy dit onomwonde stel dat verskeie bydraende faktore gesondheidsrisiko’s vir die betrokke huisgesinne van Vrykyk kon inhou.

Ek wil dit staaf en verwys graag na ’n omvattende verslag wat die Mediese Fakulteit van US ’n klompie jare gelede vir die Gesondheidsdepartement van Paarl Munisipaliteit opgestel het.

Hierdie verslag het gespruit uit klagtes wat destyds ontvang was van ’n huisgesin wat uit die Oos-Kaap na die Paarl verhuis het, en wat nie voorheen simptome van boonste lugweë-infeksies ervaar het nie.

Bewerings is gemaak dat die spuitmiddels wat op die aangrensende wingerd gebruik word, die oorsaak van die gesin se hooikoors, sinusitis en ander soortgelyke simptome was.

Uit die verslag was dit duidelik dat die spuitmiddels alleen nie vir die gesin se ongerief verantwoordelik was nie. Die verslag het met omvattende detail verwys na fynbos teen Paarlberg, graanstof vanaf Swartland, verskeie boomspesies/struike (nie net seringbome nie) waarvan daar baie in die Paarl is en grasperksade (kikoejoe), almal bronne wat tot ongemak aanleiding gee. Daar is na die bronne as snellers verwys.

Dit is hoogs onwaarskynlik dat Drakenstein Munisipaliteit, met hulle meerderwaardige houding, die insette van die Omgewingsgesondheidsdirektoraat by Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit bekom het.

Die Burgemeesterkomitee kon dalk tot ander insigte gekom het wat hul besluit radikaal ten goede kon beïnvloed het.

Hierdie geval is ’n sprekende voorbeeld van die gebrek aan samewerkende regering (co-operative governance) wat as gevolg van politieke besluite Omgewingsgesondheid in 2004 op ’n sylyn gerangeer het.

A Fourie, Wellington




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za