Sportdagboek
2011-01-20
STOEI * Wil jy graag beter rugby speel, of jou prestasie in ander sportsoorte baie verbeter? Sluit aan by die stoeiklub van die Paarl en verbeter jou nek- en skouerspiere, ratsheid en spoed, balans en plofkrag, fiksheid en uithouvermoë. Die Paarl Stoeiklub se oefeninge vir 2011 begin vandag. Oefeninge is elke Dinsdag en Donderdag in die Paarl Ontspanningsklub- saal in Du Toitstraat vanaf 18:00 tot 19:30. Skakel Johan Jordaan by 072-385-6510 vir meer inligting. ) CRICKET * This coming Saturday, Paarl I will be hosting Hermanus in a 45 over league match, Paarl II will be away against Young Peoples in an MTN 40 over match, Paarl III has a bye and Paarl IV will be at home against Drakenstein Edu III. * Paarl-Oos I speel hierdie naweek op die New Orleans-veld teen Maties in ’n 45-boulbeurt-wedstryd, terwyl Paarl-Oos III op Kraaifontein teen Oostelikes kragte meet. Paarl-Oos II het ’n loslootjie. ) RUGBY * Vineyards Rugby Club practices every Tuesday and Thursday at 18:30 at the Daljosaphat Stadium. All new players are welcome. The club will host a practice camp at Gordon’s Bay naval base early in February over a 3 day period. Contact head coach Aslam Abrahams on 083-234-3988 for queries. * Vineyards Rugbyklub hou op Dinsdag 25 Januarie sy algemene jaarvergadering te Daljosaphat-stadion om 18:30. Alle belangstellendes, spelers, voornemende spelers en oud-spelers word uitgenooi om die vergadering by te woon. Vir verdere navrae kan die voorsitter by 083-462-6279 gekontak word. * Franschhoek Rugbyklub is reeds besig met oefeninge op Maandag-, Dinsdag- en Donderdagaande (18:30). Alle nuwe spelers is welkom en senior spelers se terugkeer word op staat gemaak. * Allandale Rugbyklub het reeds Dinsdag begin oefen en sal vir die res van die seisoen op Dinsdae en Donderdae om 18:00 op die Allandale-velde oefen. Vanaand ná die oefening word ’n bestuursvergadering gehou. (Simonse 082-737-8952). Kontak Lionel by 082-212-6319 of Mike by 079-189-8647 oor die oefeninge. * Young Gardens RFC se algemene jaar- vergadering vind plaas op 31 Januarie te Paarlzicht Primêr om 19:30. Die voorsei-soenoefeninge verskuif na Daljosafat se E veld vanaf 25 Januarie. Vir navrae, kontak Ivor van Schoor by 082-4322-966. * Windmeul United Rugbyklub se oefeninge is Dinsdae en Donderdae om 19:00 by die Windmeul Primêre Skool. Skakel Jannie Williams by 083-627-9576 vir meer inligting. * Lower Paarl (Blues) Rugbyklub se oefeninge begin op 18 Januarie om 18:00 by die New Orleans-velde. Vir navrae, skakel met Adam Petersen by 071-957-1223. * Wellington CPUT Rugbyklub se amptelik oefeninge het reeds Maandag begin. Oefeninge is voorlopig op Maandae, Dinsdae en Donderdae van 19:00 tot 20:00. Vir enige navrae, kontak hoofafrigter Oloff Bergh by 084-620-3981 of Johan Kotze by 084-776-8938. * Paarl Rangers verlang die dienste van twee afrigters (2de en 3de span) asook ’n spanbestuurder vir elk van die drie senior spanne. Belangstellendes kan hul name en kontakbesonderhede sms na 083-286-7761 of e-pos na paarlrangers@gmail.com. * Violets RFC se voorseisoense oefeninge het alreeds op Maandag 10 Januarie begin. Alle spelers en belangstellendes kan gerus om 18:00 aanmeld by Paulus Joubert Sekondêr. Die afrigter het ook ’n versoek gerig dat veral die senior spelers die oefeninge moet bywoon. Die klub oefen van Maandag tot Donderdag. Vir navrae, kontak vir Ashley Raubenheimer by 079-767-6046. * Hillcrest Rugbyklub doen ’n beroep op alle spelers en voornemende spelers om die klub se oefeninge te Pelikaan sportvelde vanaf Maandae tot Donderdae vanaf 19:00 by te woon. * Paarl Rugbyklub se oefeninge begin vanaand om 18:30 by die Boy Louw-velde. Oefeninge sal voortaan op Dinsdae en Donderdae om 18:30 gehou word. Vir meer besonderhede, skakel 021-872-3317. ) GOLF The annual AMADO Golf Challenge will be held at the Ceres Golf Club on Friday, 11th March. There are 18 four-balls available at R500 per person. There are also 15 sponsorships available at a cost of R2 500 which includes a four-ball as well as the right to put up advertising material at a hole. Holes will be allocated on a first come first served basis. Sponsorship of a hole without a four-ball will be R1 000. Secure your sponsorship or four-ball by contacting M’Lani on 083-604-4037.
More
News
|