Wind mag pla in Sondag se fietswedren
2011-01-20
IN die tweedeliga-fietswedren (Pro Classic) wat Sondagoggend (23 Januarie) buite die Paarl aangebied word, gaan die hitte skynbaar nie so erg wees nie, maar die suidoostewind kan fietsryers bietjie pak gee. Die begin- en eindpunt van die Boland Drukpers fietswedrenne, waarvan die Pro Classic (100km) een is, is by Kronenburg (R45) in Paarl-Noord. Ryers kan inskryf vir die 100km, 84km of die 16km roete. Alle deelnemers sal medaljes ontvang en die organiseerders meen dat dit ’n ideale oefengeleentheid is vir die Argus-wedren wat in Maart in Kaapstad aangebied word. Selfs gestremde atlete gaan met handfietse deelneem. Die eerste deelnemers spring om 06:30 weg. Gelukkige trekkings en stalletjies maak deel uit van die dag se verrigtinge. Rig navrae aan Rian Geldenhuys by 082-771-3994.
More
News
|