Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland Kavaliers bereik doelwitte

Boland Kavaliers bereik doelwitte
 
2011-01-20

Sieb Sieberhagen

MET die afrigting- span van die Boland Kavaliers wat tevrede is met die voorbereiding van sy rugbyspelers en met oefenwedstryde in die volgende paar weke, is die tafel gedek vir ’n opwindende seisoen wanneer die Bolanders vir Griekwas op 26 Februarie op Bredasdorp in hul eerste Vodacombeker-wedstryd pak.

Loffie Elof, direkteur van afrigting van die Boland Kavaliers, sê hy is tevrede met die voorbereiding.

“Ons het ’n baie goeie voorseisoen beleef en het ons individuele doelwitte bereik.”

“Ons het die voorseisoen op 14 Desember afgesluit en elke speler moes met sy eie oefenprogram voortgaan.”

“Ek was baie beïndruk met die spelers toe ons weer op 10 Januarie die oefenprogram voortgesit het. Die spelers is in ’n baie goeie kondisie en hulle kan nie wag om te begin speel nie.”

“Die finale groep spelers sal na afloop van die vriendskaplike wedstryd teen die Stormers aangewys word. Huidiglik het ons 32 spelers wat besig is met die voorbereiding,” sê hy.

Elof beplan ook ’n oefenkamp waar daar baie aandag aan die psigiese kant van die spelers geskenk gaan word.

“Dit is ’n belangrike aspek van die spel wat klem lê op besluitneming,” sê hy.

Voordat die seisoen afskop, gaan die Bolanders ook teen Pukke se Varsity Cup-span (28 Januarie), die Maties (3 Februarie), die Villagers klubspan (5 Februarie) en teen die Stormers (12 Februarie) oefenwedstryde speel.

Elof sit met ’n effense tameletjie met twee van sy losskakels, Elgar Watts en Willie le Roux wat steeds deur die Stormers-groep gebruik word.

Bolla Conradie en Marnus Hugo is reeds terug by die Boland-oefengroep nadat hulle vroeër ook by die Stormers oefengroep aangesluit het.

“Ek gun die spelers dit om deur ’n groter unie soos die Stormers opgeneem te word en ek behoort binnekort uitsluitsel te kry of die Stormers vir Watts en Le Roux gaan gebruik. Intussen het ons ‘n baie goeie speler in Jacqiun Jansen, wat die losskakel-posisie kan volstaan,” sê hy.

Die Vodacom Cup-wedstryde vir die Bolanders is soos volg: Griekwas (26 Februarie - Bredasdorp), Blue Bulls (5 Maart - Pretoria), Lions (12 Maart - Moorreesburg), Griffons (19 Maart - Welkom), Pumas (26 Maart - Wellington), Leopards (2 April - Potchefstroom), Namibië (9 April - Wellington) en Valke (16 April - Kempton Park).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za