Trapped in Bizzzarro
2011-01-20
EERSTEJAARSTUDENTE aan die US maak hulle reg vir tien dae van pret tydens die jaarlikse Joolweek van 19 tot 29 Januarie. Die tema is Trapped in Bizzzarro.
Eerstejaars meld vandeesweek aan vir die verwelkomingsprogram, akademiese registrasie en fakulteitsbyeenkomste. Die Akkerjol-tydskrif word op Saterdag 22 Januarie in die streek verkoop. Wees op die uitkyk vir dié studente in hul bont uitrustings in die Paarlvallei. Trollieresies vind plaas op 25 Januarie en op 27 Januarie is die Vensters-optredes by koshuise aan die beurt. Op 29 Januarie stap die Matiestudente saam met hul vlotte in die strate van Stellenbosch en skud blikkies vir welsyn. Dit word gevolg deur die ATKV Jool-fees op die Braak met stalletjies en optredes deur kunstenaars soos Flash Republic, Kurt Darren, Goodluck en The Rudimentals (toegang is R20). Besoek www.matiesjool.co.za.
More
News
|