Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Brande woed voort in droë, warm weer

Brande woed voort in droë, warm weer
 
2011-01-20


DIE warm, winderige weer het byna soos klokslag talle brande in die Paarlstreek veroorsaak.

Sondag het ’n gras-brand naby die Wellington DBV uitgebreek wat vermoedelik deur bosslapers gestig is. Komiteelede is inderhaas gekontak om te help met die ontruiming van die perseel indien nodig.

Toe die vlamme al hoe nader aan die hokke vol diere gekruip, het lede en personeel binne ’n kwessie van minute sowat 21 honde en 15 katte in hul motors gelaai en na ’n veilige plek geneem, terwyl die brand geblus is.

) ’n Verwoestende brand het verlede Woensdag uitgebreek op die Paardeberg wat honderde hektaar fynbos beskadig het.

Die brand het aan die Malmesbury-kant van die berg ontstaan, maar is deur sterk winde na die Paarl-kant aangedryf. Die brand is Saterdag geblus, maar het Sondag weer opgevlam. Honderde hektaar fynbos bo-op die berg is verwoes, en geringe wingerdskade is aan die Malmesbury-kant van die berg aangerig.

) Maandag het brande op die lae hange van die berge om Pniel en Lanquedoc ontstaan. Wingerde van L’Omarins en Graham Beck landgoedere is bedreig, maar die vlamme is vinnig geblus in ’n gesamentlike poging tussen plaaswerkers en brandbestryders van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit. Volgens ’n woordvoerder van die WKD brandweer, word hierdie brande meerendeels veroorsaak deur onverantwoordelike optrede van mense.

“Die kanse dat ’n brand spontaan kan ontstaan, is minimaal.”

* Fire-fighters had their hands full this past week with brush fires raging in the area.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za