STEF BOS se voete is nou finaal albei in die Kaap en hy is op Donderdag 27 Januarie en Vrydag 28 Januarie te sien by die Ou Meul-teater.
Die vertoning begin om 20:00.
Hierdie gewilde Hollandse sanger het vir jare met een voet in Europa en een in die Kaap gestaan, maar sedert die begin van 2010 woon hy nou permanent in Kaapstad, baie na aan die titel van sy jongste CD, Kloofstraat.
Bos het 地 liefde vir Suid-Afrika (en meer spesifiek Afrikaans) gekry te danke aan Ralph Rabie - oftewel Johannes Kerkorrel - wat jare gelede ons pragtige land aan hom bekend gestel het.
Vir hierdie vertoning vertolk Bos liedere van sy Kloofstraat album, 地 paar nuutskeppinge en ook van sy bekende liedere.
Dit alles gaan saam met 地 magiese atmosfeer, goeie vriende, humor en 地 tikkie erns.
Hierdie vertoning is verseker 地 moet-sien en 地 fantastiese manier om jou teater-jaar op 地 ligte noot te kom afskop.
Die CD Kloofstraat is onlangs benoem vir 地 Edison-toekenning, een van die belangrikste en oudste musiektoekennings in Nederland, in die kategorie vir teater.
Dit is 地 groot deurbraak aangesien dit die eerste keer is wat 地 CD waarop Afrikaans gesing word vir die prys in aanmerking geneem is.
Kaartjies is R120 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of stuur 地 epos na vstemmet@ gmail.com.