Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Breytenbach-sentrum bied kursusse

Breytenbach-sentrum bied kursusse
 
2011-01-20

Johan Nel

MINSTENS 300 inskrywings word verwag vir die bemagtigingskursusse wat vanjaar deur die Breytenbach-sentrum op Wellington aangebied gaan word.

Theo Kemp, uitvoerende bestuurder van die sentrum, sê dat ’n opwindende reeks nuwe kursusse hierdie jaar by die bestaande kususse van die sentrum gevoeg word.

Volgens hom word die sentrum se kursusse vir die hele gemeenskap aangebied, maar daar word veral gefokus op skoolverlaters uit voorheen-benadeelde gemeenskappe wat hul vaardighede vir die arbeidsmark wil verbeter.

“Ons splinternuwe rekenaarsentrum gaan ’n rekenaarkursus spesifiek vir skoolverlaters aanbied. Die sentrum sal onder leiding van ’n kenner van rekenaarkursusse, Kosie Opperman, staan.”

Onder die ander nuwe kursusse wat in 2011 aangebied word, is ’n tuinboukursus wat deur Johan Conradie aangebied word, en die baie suksesvolle kursus, “Die Wêreld buite die Venster” wat in 2010 vir die eerste keer by die gevangenis in Malmesbury aangebied is vir gevangenes wat hul skildervaardighede wil verbeter. Dit, gaan vanjaar ook na gevangenisse rondom Wellington en die Paarl uitgebrei word.

Die heel eerste kursus wat in die nuwe jaar by die sentrum aangebied gaan word, is Suzette Riddle se kursus in lewensvaardighede en entrepreneurskap. Dit begin reeds op 29 Januarie.

Al die ander kursusse sal vroeg in Februarie begin. Dit sluit die gewilde kursus vir kelners in wat deur Retha Rix aangebied word, die dagsorgkursus (aangebied deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en Charmaine Rhoode), en Verity Herbert se naaldwerkursus.

Die naaldwerkkursus sal ook so uitgebrei word dat die sentrum aan die publiek ’n klere-hersteldiens sal kan bied en die produkte van studente sal ook te koop aangebied word. Saam met die naaldwerkkursus sal Annaline Smith ’n kursus in kreatiewe handvaardigheid aanbied.

Break a Leg se gewilde drama-kursus vir kinders gaan ook vir volwassenes aangebied word en ’n nuwe leesprojek vir kinders sal deur Crafty Kids by die sentrum aangebied word.

’n Nuwe projek wat volwassenes van verskillende kultuurgroepe deur middel van projekte soos storie-vertel gaan ingestel word, om ook aan bejaardes die geleentheid te bied om deel van die sentrum se kursusse te word.

Linda Mulder sal voortaan die sentrum se gewilde koffiekroeg bestuur en Annalise Schoeman is die projekbestuurder.

Verdere inligting oor die sentrum se kursusse kan verkry word by die algemene bestuurder ,Olivia Ockhuys by 021-873-2786.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za