OP 11 en 12 Februarie hou Nieuwe-Drift Primêr hul jaarlikse karnaval op die skoolterrein.
Daar sal hope vermaak wees en Mej Karnaval word die Vrydagaand (11 Februarie) gekroon. Stalletjies kan gehuur word teen R600. Vir navrae, skakel Myrtle Apollis by 021-872-4217 of 021-862-5594.