Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moord in Bergivier Boulevard

Moord in Bergivier Boulevard
 
2011-01-20


地 TAXIBESTUURDER is Donderdag helder oordag vermoor in die Bergrivier Boulevard.

Die voorval het omstreeks 11:30 plaasgevind in die omgewing van die taxi-staanplekke, toe 地 stryery ontstaan het tussen taxibestuurder, Sithembiso Dlumo, van Phola Park, en Gareth Titus.

Dlumo het na bewering Titus daarvan beskuldig dat hy 地 bottel motor-sjampoe vanuit die taxi gesteel het.

地 Struweling het ontstaan en Dlumo het volgens ooggetuies vir Titus met 地 mes gedreig. Hierna het 地 jeugdige 地 skerp voorwerp aan Titus gegee. Na nog 地 struweling is Dlumo verskeie kere met 地 skerp voorwerp in die kop en bors gesteek.

Titus het self steekwonde opgedoen en is na die Paarl Hospitaal geneem vir behandeling.

Hy is nadat hy uit die hospitaal ontslaan is, in hegtenis geneem in verband met die dood van Dlumo.

地 Jeugdige is as medepligtige ook in hegtenis geneem.

* A taxi driver was stabbed to death in the Berg River Boulevard last week.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za