Finalis vir Mnr Suid-Afrika
2011-01-20
RYNO SWANEPOEL van die Paarl en ’n student op Stellenbosch, is aangewys as een van die 12 finaliste vir Mnr Suid-Afrika 2011 wat op 19 Februarie by Silverstar Casino in Johannesburg aangewys word. As jy hierdie oud-Gimmie wil help om sy droom te bereik, kan jy stem deur MRSA 111 na 34008 te sms. Volg hom op rynoswanepoel.blogspot.com.
More
News
|