DIE organisasie Reik na Herstel staan borskankerpasiënte landwyd by. Die Paarlse ondersteuningsgroep vergader kwartaalliks en die volgende byeenkoms is op 27 Januarie om 09:45 vir 10:00.
Omdat getalle drasties vermeerder het, het lokale by Paarl Medi-Clinic te klein geraak, en daarom word die byeenkomste nou by Under Oaks Farm gehou wat hul fasiliteite borg vir 2011. Die plaas is op die Rhebokskloofpad noord van die Paarl.
Indien u vervoer of meer inligting verlang, kontak Annaleen Genade teen 25 Januarie by 072-523-0650 of 021-862-6733.