SMS
2011-01-27
* Regstelling: Klein Nederburg Sekonder se Dux-leerder 2010 is Jo-Anne Jones (hoofdogter) en nie Raven Kenned soos foutiewelik berig nie. Raven het wel in die eindeksamen die beste gevaar. * Bruin en swart skole het nie dieselfde voordele as wit skole. Ons ouers moet ook meer betrokke raak by skole en minder net vinger wys. Sterkte vir 2011! * Dis omtrent tyd dat iemand die Fraters vasvat. Hulle dink nog altyd die reëls geld net vir ander. * I don’t think the development should be stopped. Frater Square is an asset to Paarl. In a country with such high unemployment, how can development equals employment not win? * Which of the two businesses will create more jobs and be more beneficial for Paarl as a whole? Most definitely not the guesthouse. * Met sulke gesloerdery sal die Paarl nooit vooruitgaan nie! Word wakker! Primi is ’n aanwins vir Paarl! * Dit is absurd om te dink dat ‘n gastehuis verlies van inkomste gaan hê as ’n wêreldklas-restaurant en boetiek-besigheidskompleks sy deure oopmaak langsaan. M Burgess * Geraas se voet! Skinkikofi sit op die besigste straat in die Paarl. En wat van die dubbelglas-vensters juis teen geraas waarmee gastehuis bemark word? * Die Paarl is ’n pragtige dorp en het meer sulke ontwikkelings wat met sensitiwiteit gerestoureer word, nodig! * Baie pragtige ontwikkeling. Aanwins vir Paarl op ekonomiese vlak sowel as werkverskaffing. * The Primi is an excellent family restaurant. Rejuvenated Main Street. * Ek het al in Skinkikofi-gastehuis tuisgegaan, dit was hemels, nou nie meer, dis chaos met die lawaai langsaan snags. * Wat alles moet nog gesink word weens onbevoegdheid om Paarl te bestuur? Hoofstraat benodig nog vooruitgang sonder skending van dorpskarakter. * Is the guesthouse on the market because of whose breach of bylaws? * Werksgeleenthede noodsaaklik vir my en jou behoud.
More
News
|