Ook ontevrede met personeel van supermark
2011-01-27
EK skryf na aanleiding van die skrywe van “Suur gesigte by dié winkel” deur “Vra maar net” in die Paarl Post van 20 Januarie. Ek wil beaam dat hierdie spesifieke toesighouer (’n man in sy 40’s) ’n probleem is. Sonder om te blik of te bloos, val hy die personeel aan met die skokkendste vloekwoorde, waar hy die Here se naam misbruik, voor die kliënte in die openbaar. Ek het my voorgeneem om nie weer my voet in dié winkel te sit nie. Die eienaar van die supermark, Braam Nortier, reageer: Ons (asook die toesighouer) vra om verskoning. Ons het gereeld personeelvergaderings oor kliëntediens en gedrag. Mens bly maar mens en dit is soms moeilik om 50 werknemers op standaard te hou. Hierdie geval het plaasgevind tussen 2 werknemers en is reeds onmiddellik ná die voorval intern dissiplinêr aangespreek. Baie dankie vir u terugvoering, ons sal bly wees as kliënte enige klagtes kan rig aan 7days@lantic.net. Ons kan dan ons dienslewering verbeter.
More
News
|