IRONIES dat iemand wat ’n besigheid of persoon wil beswadder altyd naamloos koerante toe hol!
Hoekom nie die bestuurder direk gaan sien en beswaar by hom aanteken nie?
Ek wil nou weet wat het Seven Days se trofees uit te waai met ’n dispuut tussen ’n werknemer en haar toesighouer? Ek was ook op daardie stadium in die winkel toe die toesighouer besig was en die kassier met ’n aanhoudende en irriterende wyse haar klokkie aanhou druk het.
Ek weet waar ek daardie klokkie sou indruk as ek haar toesighouer was!
Ek het gehoor dat haar toesighouer vir haar gesê het om hom net ’n kans te gee, want hy is net besig!
Nog nooit het ek ’n suur gesig in Seven Days supermark gesien nie, maar wel hoe die eienaar, Braam en/of sy seuns Steve, Andries en Johan rondspring om die kliënte, soos die briefskrywer, gelukkig te hou!
By alle maatskappye is daar tog ’n bekgeveg tussen personeel, maak nie saak wat se opleiding hulle het of kry nie.
Gelukkig is die “f…” woord nie gebruik nie en messe of vuurwapens nie uitgepluk nie!
Lina Gerber