DIE Paarlse Hoofstraat vanaf Markstraat tot by die Bergrivier Boulevard (Suid) is deesdae chaoties, veral nadat die skole uitgekom het. Voertuie staan hiér in lang verkeersknope.
Gefrustreerde motoriste kan net hulself hiervoor blameer, want as hulle ’n effense ompad ry na die Bergrivier Boulevard toe, en daarlangs ry tot by Suider-Paarl, sal hulle agterkom dat hulle baie vinniger, en sonder enige verkeersknope, ry.
Dit is net weer eens ’n bewys dat die kortste pad nie altyd die vinnigste pad is nie. Skilpad