Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoekom hierdie ontwikkeling keer? Skaam julle

Hoekom hierdie ontwikkeling keer? Skaam julle
 
2011-01-27


EK verwys na Lise Beyers se artikel aangaande Frater Square, en wil graag my en ander besigheidsmense met wie ek ná die verskyning van die berig gesels het, se opinie lug.

Al wat ’n mens op die stadium wil uitskreeu is: “Skaam julle Drakenstein Munisipaliteit, en skaam jou Diana Liebenberg!”

Die nasionale regering van die dag het weer eens so onlangs as verlede week, by monde van ons geagte Minister van Finansies vir wie ek baie hoë agting het, ’n veldtog begin om Suid-Afrikaners se hulp en raad te vra om die land se ekonomie te stimuleer en werkskepping te bewerkstellig.

Sy beroep om hulp slaan egter vas by sy eie gesteunde Drakenstein Munisipaliteit, wat dit vir sakemanne bykans onmoontlik maak om die Minister se versoek uit te oefen.

Frater Square is ’n tipiese voorbeeld van die diens wat mens kan verwag van ANC munisipaliteite.

Wat me Liebenberg betref. Ek glo nie sy is ’n gebore en getoë Paarliet soos die uwe en Gerard Frater nie. Ons het hierdie dorp lief, maar ons het ongelukkig met die jare ook agtergekom dat daar heelwat mense in ons geliefde dorp ingetrek het, of daar woon en besighede bedryf, wat nie ’n flenter vir hul naaste of hul medebesigheidspersoon omgee nie.

Dit gaan meesal oor: “wat kan ek hieruit kry en hoe kan ek die ander te na kom”. Glo my, ek en my vrou het eerstehandse ondervinding van presies dit en moes noodgedwonge Wellington toe trek waar ons met ope arms deur ’n wonderlike gemeenskap ontvang is, ten spyte daarvan dat ons onderskeie besighede steeds in die Paarl is.

Ek het mnr Gerard Frater leer ken as ’n uiters opregte en geduldige persoon, wat ’n passie het vir dít wat hy doen en omgee vir mense.

Sy ontwikkeling van Frater Square het ’n tinteling deur ons Paarl-are laat spoel, vir die pragtige ontwikkeling wat hy en sy Trust met soveel kunsinnigheid aangepak het.

Ons glo steeds dat ons in die Paarl ook kan vermag, en meer nog, as Franschhoek, waar besigheidsmense letterlik skouer aan skouer meeding om kliënte, maar met ’n gevoel van “ek gun jou ook graag ‘n plekkie in die son”.

Liebenberg se optrede klink vir my na suur druiwe. Sy kon liewer haar gewaardeerde kliënte, wat ek glo uitsluitlik van buite die Paarl kom, aanmoedig om die plaaslike restaurante te ondersteun en hul aan te moedig om self, “net langsaan geagte gaste, julself te gaan geniet by ’n uitstekende restaurant – Primi Piatti”.

Ten minste sal hul dan self agterkom dat die restaurant se gaste oor die algemeen uiters beskaafd en gematigd is. So nou en dan sal hul dalk uitbundig raak, maar ai, ons kry so min kans deesdae daarvoor, dat sulke uitbundigheid lekker op die oor val.

En wat is nou mooier as om soms in die laatnag te hoor: “Haai julle, baie dankie vir ‘n moewiese lekker aand – ons moet weer so maak”.

Tensy Liebenberg in ’n doodloopstraat bly, met die klem op “dood”, is dit wat ek gereeld saans rondom my hoor van ons bure, en dit pla my en my gesin nie in die minste nie.

Liebenberg maak tans heel waarskynlik al byvoorbaat haar gaste bedag met “verskoon tog maar die geraas wat van langsaan kom, maar die man bedryf ‘n onwettige besigheid met uiters onbeskaafde kliënte/Paarliete”.

Wat die toekoms betref, behoort Liebenberg se Skinkikofi geen aanbeveling of stem te kry van enige ware opregte besigheidsman of inwoner wat die Paarl op sy hart dra nie. Sy het in elke geval al klaar ’n doodsvonnis oor haar besigheid uitgespreek met haar klagte: “losing business as a result of this, which could eventually lead to the closure of her establishment”.

Dieselfde geld natuurlik vir die huidige politieke leiers in Drakenstein Munisipale Raad met ons komende verkiesing. Stem liewer vir diegene wat werklik omgee!

Aan Gerard Frater : Go man Go! Miskien moet ons ’n “Veg vir Frater Square”-petisie begin!

Wynand Viljoen




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za