EK lę vanaand en wonder oor die baie hartseer en trane wat mans in ons gemeenskap teweegbring en hoe hulle dan net blindelings met hulle lewe voortgaan asof die misdade wat hulle teen ons vroue en kinders pleeg net ongestraf en ongesiens gaan.
Ek is self vandag ’n eggenoot en vader en sien die gevolge van die sinnelose dade teenoor ons vroue en kinders.
Dit is asof iemand met ’n knopkierie loop en glaspotte stukkend slaan en nooit terugkyk om te sien hoe die gebreekte glas van hul wandade rondlę en ook hoe die lewens van ander wat dan later die paadjie moet loop, bebloed word nie.
Dit is tyd dat die gemeenskap hulle stilswyse teenoor verkragters, pedofiele, vroueslaners en kindermishandelaars moet verbreek.
En aan die een wat 20 jaar later nog steeds sę, “Ai, kan sy nog nie daaroor kom en met haar lewe aangaan nie”, wil ek net sę: “Nee, want sy huil nog gereeld oor die onreg wat haar aangedoen was (word) - toe jy haar moes beskerm het - en steeds gaan jy vanaand, vrywilliglik en wetend, rustig langs die wolf slaap”.
Anoniem