Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pietersen se pyle tref die kol

Pietersen se pyle tref die kol
 
2011-01-27


GEDURENDE die Meesters Veerpyletoernooi wat by die Ambagsvallei-sportsentrum in die Paarl aangebied is, het Charl Pietersen die titel as “DDA-Master” op wonderbaarlike wyse ­verower deur met van die beste spelers in die Wes-Kaap af te reken.

In sy opmars na die titel het dié talentvolle speler met Edward Noble (DDA enkelspeler) en Charles Losper (Westelike Provinsie, Protea-speler asook voormalige Suid-Afrikaanse PDC kampioen) afgereken.

In die finaal en teen ’n gedugte teenstander in Clifford Stradling (WP en Protea-speler) het die jong speler op dramatiese wyse en met briljante veerpyle met 6 teen 1 geseëvier.

Dit was die kersie op die koek vir hierdie jong speler nadat hy eerstens die Drakenstein Distrikspan asook die Boland provinsiale span tydens die Nasionale Kampioenskappe verteenwoordig het.

Hy is tans sesde gekeur op nasionale vlak en die verwagtinge is dat hy in die 2011-2012 seisoen die hoogste vlak in die sport gaan bereik.

In die dames-afdeling van die DDA meesters-toernooi was die kompetisie baie straf met vier van Drakenstein se beste damespelers wat om die trofee meegeding het.

In die eerste semi-finale het Boland-speler, Denise Nicholson teen Petronella Lottering te staan gekom en in die ander finaal Audrey Arendse teen Magdaleen Keet.

Die feit dat albei eersgenoemde spelers vir ’n ruk uit strawwe kompetisie was, Audrey (swangerskap) en Denise (werksverpligtinge), het dit hierdie plaaslike spelers nie verhoed om die sterk teenstand van hul opponente af te weer nie.

In die finaal het ondervinding weer eens geseëvier met Denise wat met die louere weggestap het.

Klubs of spelers wat nog wil registreer om in 2011 kan vir Lorenzo Arendse (083-443-1153), Mervin Isaacs (082-315-5206) of Colin Cilliers (073-536 -7419) skakel.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za