Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergrivier wen met dubbel Nelson

Bergrivier wen met dubbel Nelson
 
2011-01-27


BERGRIVIER se eerste krieketspan het Sondag op Weltevredepark die besoekers van Panorama met ’n verbysterende 222 lopies verslaan.

Bergrivier se Charlton Manuel het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Die tuisspan se groot kolfheld was Randall April (143*;18x4, 4x6), hy was goed bygestaan deur Junaid Cassiem (79 10x4) en Markie Julies (33 5x4).

Dit het die Wellingtonners in staat gestel om 325/5 in sy toegelate 45 boulbeurte aan te teken.

Die besoekers was glad nie opgewasse teen Bergrivier se vernietigende boulwerk nie, en is ná 27 boulbeurte uitgeknikker vir 103 lopies.

Vir die besoekers was Johannes Appollis die beste kolwer met 33 (7x4) en David Erasmus met 31 lopies.

Vir Bergrivier het Ryan Mouton (9-1-24-6) en Waylon Libbie (6.2-2-4-4) die paaltjies tussen hulle gedeel.

Bergrivier se tweede span het Saterdag teen Darling verloor.

Die eerste span speel Saterdag teen Piketberg en Sondag teen Malmesbury. Albei wedstryde is tuis.

Die tweede span speel Saterdag teen Vredenburg/Saldanha weg.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za