Ervaar die voetspore van Madiba op 12 Februarie
2011-01-27
12 FEBRUARIE 2011 merk die 21ste herdenking van Nelson Mandela se historiese vrylating uit Victor Verster Gevangenis (nou die Drakenstein Korrektiewe Sentrum). Om hierdie gebeurtenis te vier, sal die Drakenstein Korrektiewe Dienste, Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit en Drakenstein Munisipaliteit die tweede 27 vir Vryheid Wedren-dag op Saterdag, 12 Februarie by die Drakenstein Korrektiewe Fasiliteit tussen Paarl en Franschhoek aanbied. Die byeenkoms het in 2010 bykans 4000 inskrywings gelok, met ’n gelyke hoeveelheid toeskouers op die dag. Die 2011 byeenkoms sal ’n nuwe 27km roete hê (simbolies van die aantal jare wat die eertydse president ’n gevangene was), asook ’n 10km loop/draf wat vir die jeug, bejaardes en korporatiewe inskrywings geskep is. Die gewilde vryheidsloop/-draf (5km) word ook weer aangebied. Inskrywings vir die 27km en 10km items sluit op 31 Januarie, terwyl daar op die dag nog vir die 5km wedren ingeskryf kan word. Dit word afgesluit met die Huisgenoot, YOU en DRUM 27 vir Vryheid-dag’ konsert. Daar sal nie net pryse ter waarde van R50 000 wees om te wen nie, maar die algehele mans- en dameswenner sal met ’n spesiaal-gemaakte bronstrofee en ’n soliede goue Mandela-muntstuk wegloop. Besoek www.nm27forfreedomrace.co.za of skakel vir Chanelle by 021 872-9799.
More
News
|