Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hugenote-leerder blink uit in SA krieketspan

Hugenote-leerder blink uit in SA krieketspan
 
2011-01-27


’n MATRIEKLEERDER aan Hugenote Hoër, Lizaad Williams, het ’n droomseisoen beleef waarin hy een van sy groot ideale verwesenlik het – om vir die SA Skolespan en die SA o.19-span gekies te word.

Lizaad het die Boland o.18-skolespan met groot onderskeiding by die Coca Cola-week in Desember verteenwoordig.

Hy was een van die mees suksesvolle boulers in dié interprovinsiale toernooi met die twaalf paaltjies wat hy platgetrek het.

Hy is beloon met ’n plek in die SA Skolespan wat ’n wedstryd teen die Knights gespeel het.

Hierna is Lizaad ook gekies vir die Cobra Cubs om aan die nasionale toernooi vir o.19-spelers deel te neem. Weer het hy beïndruk en het veral teen die Lions goed gevaar met syfers van 3/40.

Gevolglik is hy opgeneem in die SA o.19-span wat in ’n reeks van vyf eendaagse wedstryde en twee Twintig/20-wedstryde teen Zimbabwe gespeel het.

Daar word allerweë ’n blink kriekettoekoms vir hierdie Hugenoter voorspel




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za