Smokkelaars gaan sit vir dwelms
2011-01-27
DIE Paarl-Oos polisie waarsku drank- en dwelmsmokkelaars dat hulle nie maklik weer uit die tronk gaan stap indien hulle vasgetrek word nie. ’n Bewys hiervan is die feit dat Mario Koopman hom steeds agter slot en grendel bevind. Koopman is op 5 Januarie in hegtenis geneem, nadat 200 Mandrax tablette ter waarde van R9000 in sy motor gevind is. Hy het in die Paarlse Landdroshof verskyn en borg is suksesvol teengestaan. Koopman bly in aanhouding totdat hy verhoor word.
More
News
|