Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Opskudding oor onderonsie met oud-rugbyspeler

Opskudding oor onderonsie met oud-rugbyspeler
 
2011-01-27


VOORMALIGE rugby-ster, Wayne Julies, het die afgelope naweek ’n opskudding veroorsaak op ’n plaas naby Wellington.

Julies het Saterdagaandna bewering by die plaas aangekom nadat ’n familielid glo beledig is. Julies het nie hiervoor agteroor gesit nie en die vuiste het begin klap uit verskeie oorde.

Die hulp van Paarl polisie is ingeroep, maar teen daardie tyd was talle mense by die onderonsie betrokke en die polisie kon die situasie nie onder beheer bring nie.

Versterkings is dus ingeroep vanaf Wellington en Paarl-Oos.

Eers nadat sowat 12 polisiebeamptes op die toneel aangekom het, is die situasie tot orde gebring.

Twee slagoffers van die bakleiery is egter so erg getakel, dat hulle gehospitaliseer is.

Hulle het Sondagoggend, nadat hulle uit Paarl Hospitaal ontslaan is, klagtes van aanranding teen Julies gemaak by die Paarl polisiestasie. Julies is hiervan aangekla, maar die polisie ondersoek die saak nog verder, voordat hy weer in die hof sal verskyn.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za