Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ds Pick op die lug om te help met berading

Ds Pick op die lug om te help met berading
 
2011-01-27


DIE bekende emeritus-predikant van die VG Kerk, dr Sam Pick, bied nou elke Maandagoggend van 10:00 tot 11:00 ’n nuwe program op Radio KC aan.

Die program staan bekend as “Sosiale Fokus” en volg op sy vorige reeks, “Rousmart”.

Dr Pick was destyds Direkteur Maatskaplike Dienste van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK).

Sy studieveld strek van die teo­logie tot die maatskaplike terrein, met ‘n diep empatie vir die mens en sy probleme.

Die nuwe program handel oor maatskaplike kwessies en skop af met doeltreffende kommunikasie in die huwelik.

In die volgende maand sal gefokus word op aspekte soos respek in die huwelik, aanvaarding van jou egmaat, getrouheid, romanse en seks in die huwelik.

Ds Pick sal ook later omstrede sake soos egskeiding, die gebruik van Tik en ander dwelms, tienerseks en tienerswangerskappe, molestering, verkragting, gesinsgeweld, mishandeling, selfmoord en MIV/Vigs in die program bespreek.

Mense kan ook inbel en SMS’e stuur na 021-872-1077 of 082-493-1862. Luisteraars kan ook voor of na die program die selnommer skakel vir advies of berading.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za