Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Prof Jansen praat oor 2010 matriekuitslae

Prof Jansen praat oor 2010 matriekuitslae
 
2011-01-27


DIE vise-kanselier en rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof Jonathan Jansen, sal die spreker wees by die heel eerste Rachel’s Angels lesing wat op 2 Februarie om 19:00 by New Orleans Sekondêr gehou word.

Rachel’s Angels is ’n bemagtigingsinisiatief onder leiding van prof Rachel Jaftha (voorsitter) en dr Michael le Cordeur (ondervoorsitter), albei van die Universiteit van Stellenbosch.

Rachel’s Angels word deur alle rolspelers erken as ’n entiteit wat ’n meetbare bydrae lewer tot uitnemendheid in sekondêre onderwys in die Wes-Kaap. Dis ’n vennootskap tussen Naspers, die US en die WKOD.

Deur middel van ’n effektiewe mentorskapprogram vir leerders in graad 11 en 12, lewer Rachel’s Angels ’n bydrae tot die holistiese ontwikkeling van die deelnemende leerders en studente.

Die programme stel matrieks in staat om op ’n effektiewe wyse die uitdagings ná skool te hanteer. Sodoende maak hulle ’n konstruktiewe bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie en die samelewing as geheel.

Leerders van skole uit die benadeelde gemeenskappe doen aansoek om deel te neem aan die projek oor twee jaar. Rachel’s Angels se vernaamste doelwit is om leerders se akademiese vaardighede te verbeter, terwyl hulle ook met lewensvaardighede beklee word.

Dit word bereik deur mentorskap deur senior Matie-studente met ’n ondersteunende raamwerk onder toesig van die US en sy vennote (Media24 en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement). Tans is 20 sekondêre skole in die program.

Die laaste groep leerders wat in die program was (altesaam 120), het aan die einde van 2009 ’n slaagpersentasie van 95% behaal, van wie die meeste universiteitstoelating verkry het.

Die titel van prof Jansen se referaat is “Waarom jy nie die matriekuitslae van 2010 moet glo nie, en wat om daaromtrent te doen”. Hy praat die middag ook op die kampus van die Universiteit van Kaapstad.

Alle leerders, mentors, onderwysers, beheerliggaamlede en skoolhoofde van die skole wat in die program is, is welkom.

Verversings en parkering word gereël en die vermaaklikheidster Malika Ndlovu sal ook optree.

Lede van die publiek wat die lesing wil bywoon, kan ’n epos stuur na dr Le Cordeur by mlecorde@sun.ac.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za