Verlate motorfiets lei tot lyk
2011-01-27
Lise Beyers
’n JONG MAN het Donderdag vroegoggend in die Paarl se Hoofstraat gesterf toe hy van sy motorfiets afgeslinger is. Die liggaam van Wouter Vorster (19) is omstreeks 04:00 die oggend deur ’n verbyganger ontdek in die Hoofstraat, naby Hoërskool Gimnasium. Vorster het teen ’n boom gelê en sy beskadigde motorfiets sowat tien meter van hom af. Dit is onseker presies hoe laat die voorval plaasgevind het. Die Paarl polisie ondersoek die moontlikheid dat Wouter getref is deur ’n ander voertuig, wat toe die toneel verlaat het. Vorster het in Denneburg gewoon saam met sy pa Peet en broer Werner. Hulle is oorspronklik van Klerksdorp. Wouter het plaaslik gewerk as kroegman by De Kelders restaurant in Suider-Paarl. Hy word vandag in Klerksdorp begrawe. Enigiemand wat die ongeluk sien gebeur het, kan die Paarl polisiestasie skakel by 021-807-4000. * In nog ’n motor-botsing is twee voetgangers ernstig beseer, toe hulle Saterdagmiddag deur ’n motor getref is op die Vlakkeland-pad. Alfonso Jooste en Jacqueline Geduld is getref deur ’n Mazda terwyl hulle langs die pad geloop het. Die bestuurder van die motor is in hegtenis geneem en aangekla van roekelose bestuur. * A young man was killed in a motorcycle accident in Paarl’s Main Street last Thursday morning.
More
News
|