Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Desireé wys haar hart

Desireé wys haar hart
 
2011-01-27

Liezl Davids

WELLINGTONNER Desireé Malan is aangewys as een van Lééf-tydskrif se “Wys jou Hart” finaliste nadat sy deur een van haar studente vir dié kompetisie genomineer is.

Nie net leef Malan haar passie uit nie, maar sy skep ook ’n geleentheid vir werklose vroue om nuwe vaardighede aan te leer wat vir hulle ’n inkomste kan skep.

Tesame met die Breytenbach-sentrum het sy drie jaar gelede begin om klasse aan te bied in pottebakkery, keramiek- en mosaïekwerk vir werklose vroue in die omgewing.

Die doel van die projek is om vir vroue die geleentheid te bied om hul lewensomstandighede in hul eie gemeenskappe te verbeter.

Malan is ook die stigter van Earthbutterbeads, wat spesifiek daarop gemik is om enkelma’s uit die gemeenskap te help. Hulle maak keramiekkrale met die hand en omskep dit in juweliersware.

Sy het gesê dat die ideaal met die projek is om groot projekte te kry, waar sy en die vroue dit soos ’n besigheid bestuur.

Verlede jaar het Malan en haar span die kontrak gekry om die Kaapstad-stasie met mosaïekwerk te verfraai.

Die vroue wat by die pottebakkeryklasse betrokke is, sal aan die einde van vanjaar hul kursus voltooi en ’n sertifikaat ontvang. Volgens Malan sal die vroue dan in staat wees om as assistente in ’n ateljee te werk.

Die wenner van die tydskrifkompetisie kan wegloop met R5 000.

Malan bied ook privaatklasse aan. Vir navrae, skakel 082-862-3949.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za