Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'Super-agent' weer by beleggingsmaatskappy

'Super-agent' weer by beleggingsmaatskappy
 
2011-01-27

Lise Beyers

’n VOORMALIGE ‘super-agent’ van die gedoemde beleggingsmaatskappy King Finansiële Dienste, het ’n nuwe tuiste gevind by nóg ’n plaaslike beleggingsmaatskappy.

Alida Nel was die afgelope maande dikwels in die nuus, met haar betrokkenheid as makelaar by dié gelikwideerde beleggingsmaatskappy.

Beleggers het etlike miljoene rande verloor met die ineenstorting van Kingfin, wat hoofsaaklik in eiendom belê het.

Nel is intussen ook persoonlik gesekwestreer en die ondersoek na haar aandeel in hierdie maatskappy se ineenstorting word steeds ondersoek.

Sy word ook saam met die direkteure van Kingfin, Adrian en Stephen King, deur die Valke ondersoek vir onder andere bedrog. Sy sal op 4 Februarie verder hieroor ondervra word in Wellington.

Nel, ’n voormalige haarkapper, se netto-salaris was party maande meer as R800 000 toe sy by Kingfin gewerk het.

Sy was nooit ’n gekwalifiseerde makelaar nie.

Sy het tydens haar insolvensieverhoor dít op rekord erken en dit word ook gereflekteer in ’n verslag deur die Raad op Finansiële Dienste.

Nel is onlangs aangestel as persoonlike assistent van haar dogter wat by @Wealth werk.

’n Belegger van @Wealth in die Paarl, het vandeesweek sy kommer uitgespreek oor Nel se betrokkenheid by hierdie maatskappy.

Ek het self my vingers verbrand by Kingfin en nou hoor ek dat Nel by die maatskappy werk waar ek nou my geld belê het.

“Ek voel dat dit ’n vertrouensbreuk is van hierdie maatskappy se kant af en ek oorweeg dit sterk om nou my besigheid weg te neem.

Maar stigterslid Chris Hunsinger het gesê dat Nel slegs ‘papierwerk’ doen en glad nie betrokke is by enige finansiële transaksies nie.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za