Hulp met depressie
2005-10-13
DIE depressie- en angsondersteunings-groep vergader weer Maandag om 19:00 by Paarl MediClinic.
Die groep is onder leiding van Christo Visser en Sonja Labuschagne en die publiek word genooi om te kom luister na ’n praatjie oor die hantering van angs.
U hoef nie lid te wees om die vergadering by te woon nie en daar is geen koste aan verbonde nie.
Navrae by Jean of Antoinette, by telefoon 872-9146.
More
News
|