Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raponsie laat sak haar hare

Raponsie laat sak haar hare
 
2011-01-27


OP Saterdag 29 Januarie om 10:00 is ’n poppekas-vertoning van Raponsie te sien by die Ou Meul-teater in die Paarl.

Soos in die sprokie word Raponsie in ’n toring opgesluit deur ’n nare heks wat haar van almal wil weghou.

’n Prins hoor egter eendag haar pragtige stem en vind gou-gou uit hoe om by haar in die toring te gaan kuier. Hy raak natuurlik dadelik op die mooi meisie met die lang hare verlief.

Wanneer die heks uitvind dat die prins op die toneel is, raak sy vrééslik boos. Gehore sal maar self moet kom kyk of Raponsie en die prins by mekaar gaan uitkom en of die heks se nare planne sal seëvier.

Die regisseur is Gaerin Hauptfleisch en Raponsie word aangebied deur Spektrum en Stercus produksies.

Kaartjies is R40 beskikbaar by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of vstemmet@gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za