Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wees alternatief met Strooidak

Wees alternatief met Strooidak
 
2005-10-13


IS jy lus vir ’n hedendaagse kerkervaring? Voel jy na ’n relevante en aktuele kerk? Was jy miskien lanklaas in ’n kerk gewees?

Die Strooidakkerk in die Paarl begin Sondag om 09:30 met ’n tweede, alternatiewe diens, aangebied by Hoër Meisieskool Paarl.

Mense dors na en soek ’n “ancient future” ervaring. Met ander woorde ’n ervaring waar jy ou waarhede (die ou ou tyding) bring in ’n moderne en eietydse styl, sê ds Fanie Kriel.

“Ons gaan lof en aanbidding doen, die Woord van God gaan sentraal staan, ons gaan rondom ’n koppie koffie gemeenskap van gelowiges ervaar en dit alles in ’n ontspanne atmosfeer.

“Bring u vriende en kinders saam en kom prys die Here.”

Hulle begin om 09:15 met lof- en aanbidding by Hoër Meisieskool Paarl (ry in en stop op die parkeerterrein).

Kleredrag is informeel. Die diens word gelei deur Fanie Kriel en Henri du Plooy van Joyful Noise.

Navrae by ds Kriel (872-5387/083-292-5188) of Henri du Plooy (072-386-8505).



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za