Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nagedagtenis van Ina Rens geëer

Nagedagtenis van Ina Rens geëer
 
2011-02-03


EK eer die nagedagtenis van Ina Rens, ’n Paarliet wat geen taak of persoon ooit te gering geag het nie. Met trots en waardigheid het sy haar hand gehou na dié wat honger en dors was, en nooit met ’n sweempie meerderwaardigheid nie.

Haar individualiteit het van haar ’n unieke vrou gemaak, wat ook aan elkeen met wie haar pad gekruis het, die voorreg gegun het om te wees wie sy/hy graag wil wees.

Nooit het sy enigiemand se vryheid aan bande gelê nie – haar werknemers het sy blind vertrou en hulle was haar vertroue waardig. In elke individu het sy persoonlike groei gestimuleer en aangemoedig.

Haar gemaklike, gemoedelike leierskapstyl het van haar ’n gewilde leier gemaak. Groot hoogtes is bereik sonder dat dit soos werk gevoel het. Huis Vergenoegd is die toonbeeld van die sjarme en styl waarmee sy welsynswerk verrig het.

’n Kontak met Ina Rens was altyd ’n “uplifting” ondervinding. Haar skerp brein en fyn oordeelsvermoë het geen perke geken nie. Sy was haar tyd ligjare vooruit met haar manier van dink en handel.

Ons is dankbaar vir elke dag wat ons by haar kon leer, vir die vryheid om te kan groei en ervaar. Die lewenslesse wat sy ons geleer het, is ons aardse skat wat ons die ewigheid in saamneem.

Lydia Corbett




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za