Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe kursus in rekenaars gewild op Wellington

Nuwe kursus in rekenaars gewild op Wellington
 
2011-02-03


DIE Breytenbach-sentrum op Wellington is die afgelope paar dae oorval deur studente wat ingeskryf het vir die sentrum se nuwe rekenaarkursus.

Altesaam 44 aansoeke is ontvang, maar beperkte fasiliteite by die sentrum het gemaak dat slegs twaalf aansoeke aanvaar kon word om die nuwe kursus by te woon.

Volgens Annalise Schoeman, projekbestuurder by die Breytenbach-sentrum, word daar tans hard gewerk om meer borge te vind sodat die sentrum se rekenaarfasiliteite dringend uitgebrei kan word om meer studente die geleentheid te bied om die kursus by te woon.

“Ons beskik oor die dienste van Kosie Opperman, ’n bekende aanbieder van rekenaarkursusse, en ons beskik oor genoeg lokale by die sentrum. Al wat nou moet gebeur is dat ons meer borge moet vind om ons fasiliteite genoegsaam uit te brei om die tientalle mense wat hierdie uitmuntende kursus wil bywoon, te help,” het Schoeman gesê.

Volgens haar is die toerusting en infrastruktuur waarmee die eerste groep onderrig gaan word, verkry deur ’n borgskap van die Dagbreek Trust.

Die kursus begin op 7 Februarie met ’n weeklange oriënteringskursus. Op 15 Feb­ruarie begin die eintlike rekenaarkursus en dit sal eenmaal per week vir die daaropvolgende 30 weke aangebied word.

Ná die dertig weke volg daar ’n weeklange entrepreneurskursus en daarna volg die diplomaplegtigheid op 8 November.

Die Breytenbach-sentrum gaan vanjaar, benewens die rekenaarkursus, weer ’n wye verskeidenheid ander kursusse aanbied wat veral daarop gemik is om skoolverlaters te help om hul vaardighede vir die arbeidsmark verder te verbeter.

Meer besonderhede oor hierdie kursusse kan by die sentrum se algemene bestuurder, Olivia Ockhuys, verkry word by 021-873-2786




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za