Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gesoek: jong boer van die jaar

Gesoek: jong boer van die jaar
 
2011-02-03


DIE Agri Wes-Kaap/Santam Landbou Provinsiale Jongboer van die Jaar-kompetisie skop hierdie jaar reeds vroeg af en jong manne en vroue word uitgedaag om in te skryf en die kans te staan om ’n lekker kontantprys te wen. Finaliste (onder 35 jaar) wat deurdring na die nasionale kompetisie staan ’n kans om ’n splinternuwe Toyota-bakkie te wen!

Die kompetisie bied meer as net lekker pryse.

’n Groot deel van die beoordelingskriteria hou verband met die bestuursfilosofie van die boer sowel as die tegniese vaardighede waarmee daardie filosofie in die praktyk toegepas word.

Daar word ook sterk gefokus op die vernuf van die jong boer en die entrepreneurskap waarmee jong boere hul boerderybesighede verbeter.

As jy kans sien vir hierdie uitdaging, skryf gerus in en ervaar self hoe jou perspektiewe ten opsigte van jou boerdery dramaties verander.

Inskrywings sluit 17 Februarie. Die Wes-Kaapse Jong Boer van die Jaar wenner word op 25 Mei tydens ’n spoggeleentheid op Stellenbosch bekend gemaak.

Vir inskrywingsvorms en verdere navrae, kontak gerus vir Leilani le Roux by tel 021-860-3804 of epos Leilani@awk.co.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za