Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


KWV se bates bekyk

KWV se bates bekyk
 
2011-02-03


DIT is algemene praktyk om die bates van ’n maatskappy teen historiese pryse te waardeer.

Só meen ’n ingeligte in die bedryf, wat om kommentaar genader is ná persberigte dat die KWV-hoofkantoor slegs gewaardeer is vir R938 000, en die reusagtige keldergeboue vir net sowat R2 miljoen.

Pioneer Foods is tans betrokke by onderhandeling om KWV te koop.

“Dit is belangrik vir Pioneer Foods om ’n berekening te maak van die winsgewendheid van KWV as ’n lopende onderneming. Daarvoor kan geboue nie in aanmerking geneem word nie en dit word dus nie teen huidige markwaarde getakseer nie.

“Geboue genereer nie inkomste nie en daar word eerstens gekyk na die inkomstestroom wat KWV kan genereer.

Daar is niks sinisters aan die manier waarop KWV se bates gerapporteer word nie.

“Wanneer die in-diepte ondersoek na die aanbod van Pioneer Foods gedoen word, sal die vervangingswaarde van die bates natuurlik ook in ag geneem word. KWV sal deursigtig moet wees tydens hierdie proses, en hul aandeelhouers ken in die saak om ’n markverwante transaksie te verseker.”

* KWV het pas aangekondig dat sy verwagte wesensverdienste met 75% tot 85% sal daal weens die sterk Rand en swak handelstoestande in die noordelike halfrond. Pioneer het nou ook aangedui dat die koopaanbod teruggetrek word omdat die prys wat aandeelhouers wil hê, nie haalbaar is nie.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za